Algemene Oorsig

bergrivier-pompIn ‘n land van waterskaarste is dit baie belangrik om die regte vennoot te kies vir die ontwikkeling van besproeiingskemas, aangesien die regte gebruik van water vir voedselproduksie van kardinale belang is.

Bergrivier Besproeiing in die Paarl kan met reg beskou word as ’n uitstekende vennoot om die ekonomiese verbruik van enige waterbron doeltreffend en tot sy volle kapasiteit te ontwerp, die dienste daarvoor te verskaf, dit te ontwikkel en dit te onderhou.

Die maatskappy, wat al sedert 1989 in die Paarl gesetel is, beskik oor die regte kennis, infrastruktuur en mense met die passie om enige waterontwikkeling in die landbou- en kommersiële sektor suksevol te bestuur.

Onder die ses tegniese personeellede, wat skemas en ontwikkelings ontwerp en bestuur, is drie siviele ingenieurs, Stephan Naudé (29 jaar), Johan Everson (18 jaar), Johann van Staden(2 jaar), ’n meganiese ingenieur, Gerrie van Zyl (17 jaar), ’n landbou-ingenieur, NJ Hand (5 jaar) en 'n besproeiings tegnikus Henco Nienaber (5 jaar). Saam beskik hulle oor 75 jaar se ervaring op uiteenlopende gebiede rakende besproeiing en is daar haas geen waterontwikkeling wat die maatskappy nie kan aangepak nie.

Bergrivier Besproeiing het reeds baie vermag in sy veld en beskik oor ‘n prestasie-geskiedenis wat getuig van professionele diens en tevredenheid by sy kliënte.

Hierdie hoogs gekwalifiseerde en doeltreffende tegniese span maak gebruik van ’n goed gevestigde infrastruktuur en ‘n georganiseerde en gemotiveerde personeel van 25 mense.

Hulle verseker dat die beste gehalte-materiaal op die regte tyd vir die skemas verskaf word. Die voorraad wat op die perseel gehou word, behels die hele spektrum van besproeiing.

Die span sien ook toe dat daar altyd genoeg voorraad beskikbaar is vir die uiters belangrike nasorgdiens, wat dag en nag vir die kliënte beskikbaar is. Boonop beskik Bergrivier Besproeiing oor 'n aflweringsdiens en word materiaal tot op die plaas gelewer.

Produkte

  • PVC Pipes and Fittings
  • Drainage pipes and fittings
  • Low Density Poly Pipes and fittings (Full-Flow or Insert Fittings)
  • High Density Poly Pipes and compression fittings
  • HDPE polypype en Plasson toebehore
  • Hose, Dragline and Accessories
  • Cascade Fittings
  • Galvanised Pipes and fittings
  • Drip Pipe and Accessories
  • Micro Sprinklers and Accessories
  • Agricultural and Turf sprinklers
  • Controllers AC and DC and Radio Control
  • Valves
  • Pumps
  • Electric Motors and Accessories
  • Sand, Disc or Screen Filters for Manual or Automatic Operation
  • Centre Pivots
  • Quick Coupling Pipes