Projekte

Onder die talle suksesvolle projekte wat voltooi is en onderhou  word, is:

SanLucar, an internationally operating company based in Valencia, Spain; was founded in 1993 by Stephan Rötzer. SanLucar, renowned for providing some of the best tasting fruits and vegetables, have a range of approximately 90 various options from 35 different countries. SanLucar, is a brand with the broadest range of goods in it’s market and most of their citrus fruits are grown on the South African and Valencia coasts. 341c6c6e 718f 429b 8310 7898a645d9b8The Rooihoogte citrus farm near Porterville in the Western Cape is one of the citrus farms that produces these internationally sought after fruits distributed worldwide and FLOWTITE™ was the pipe of choice when upgrades were made to their pipeline. They required running water for irrigation of the 308 ha farm, from a pump station at the Berg River to a filter station. The 948m DN700 FLOWTITE™ pipeline is being used to pump the water at 1 700 000 l/hr at a pressure bar of PN12.
6d682f50 ac9b 4d07 ac94 b175e287b88ae44cb542 97f4 47e3 8e2d 7b95552344e1 Due to existing infrastructure, the light weight characteristics of FLOWTITE™ pipes made it the ideal pipe for this project as it enabled contractors to easily manoeuvre the pipes during installation. Mr Johann van Staden from Bergrivier Besproeing was the engineer responsible for the design of the pipeline and with assistance from Fiberpipe this project was designed and implemented with great success. Part of the successful installation of the pipeline is due to constant support from onsite field representatives that are available free of charge to ensure quality and longevity of every FLOWTITE™ pipeline installed.
169e60c8 eecb 4215 950a 15c7ec462965b0259d78 e9dd 43c5 9c46 cdff73a10140562319b1 56ac 40b4 9afd 318751ce8b1db9de0d95 cc6e 4a15 9e85 0f3add6a7778
 
Die opgradering van die Riebeek-Kasteel-besproeiingsraad se  pyplyn en pompstelsel: Hier is die vloeie teen ‘n fraksie van die    koste met 60% verhoog. Dit het egter baie ingenieursvernuf gekos  en waartoe Bergrivier Bespeoiing se ingenieurs in staat was. Battery-aangedrewe elektroniese watermeters is boonop by elke aftapunt en pomp geïnstalleer, wat elke aand om 24:00 'n lesing neem en dit elektronies stoor. Dié data word dan elektronies afgelaai op ’n rekenaar en sodoende kan die vloeie deurlopend gemonitor word. Hierdie Elektroniese data word in alle vorms verwerk en verskaf waardevolle bestuursinligting.
 
Riebeek-Wes-besproeiingsraad se waterskema: Hier is 'n totale waterskema ontwerp en Bergrivier Besproeiing het die hele projek – met ’n pyplyn van 12,5 km – ontwerp en toegesien dat die skema gebou word. Die pomphuise is ook deur Bergrivier Besproeiing se ingenieurs ontwerp. Omdat die pompstasie teen die rivier 14 m diep en laer as die riviervlak is, word die sand en slik deur 2 sentrifigale sandskeiers verwyder om die pompe teen slytasie te beskerm. 20.
 
Simonsberg-Besproeiingsraad se waterskema in Simondium: Dit is ontwerp sodat dit slegs in die nag in werking is om elektrisiteit te bespaar. Die pompe begin om 19:00 werk en stop om 6:00. Die elektrisiteitskoste is tot 70% laer as normale koste. Die pyplyn sowel as die pomphuise is deur Bergrivier ontwerp.
 
Ontwikkeling en opgradering van die besproeiingstelsels van Aussenkehr, Namibië: Hier is sowat 2 000 ha onder tafeldruiwe in die middel van die woestyn met dagtemprature wat meer as 50˚C beloop. Die druiwe word uit die Oranjerivier besproei. Die bestuur van die stelsel is hoogs tegnies Daar is ’n bykomende tafeldruifontwikkeling van 2000 ha met ’n hoofpypleiding van 15 km wat 230 m staties hoër as die Oranjerivier lê. Die grondontledings en -kartering daarvoor is deur Bergrivier Besproeiing gedoen. Hierdie ontwikkeling word beskou as van die gevorderdste in Afrika.
 
Verskeie ontwikkelings vir wyndruifprodusente: Een hiervan is dié van 400 ha van Leeukuil Boerdery naby die Paarl. Baie ontwerpe en materiaal word ook na Angola gestuur. Hier word gevorde tegnologie gebruik, soos akkurate satellietbeelde en -foto's, om die ontwerpe te doen. ’n Ontwikkeling waar gebruik gemaak word van ‘n staalpyp van 600 mm en 10 km lank in Sumbé, Angola, is een van die interessante ontwerpe. Bergrivier is besig om ’n besproeiingstelsel vir ’n piesangplantasie van 100 ha te ontwikkel.
 
Verkoelingstelsels vir wynkelders: Verkoelingstelsels vir verskeie kelders, soos Slanghoek, Botha en Vrede en Lust, is deur Bergrivier ontwerp en geïnstalleer. Hier het dit gegaan oor die doeltreffende en optimale benutting van energie. Die vloeisnelheid in die pype en die uitruiling van hitte is baie belangrik. Met die ontwerpe vir verskeie kelders is die doeltreffendheid met tot 30% verhoog, wat 'n aansienlike besparing op energiekostes het. 22.
 
Watersuiweringstelsels vir die koeldrankbedryf: Dit is geïnstalleer by Peninsula Beverages. Bergrivier Besproeiing doen ook die suiwering van rivierwater vir menslike en dierlike gebruik. Die water wat baie vuil is, word binne SABS-standaarde gefiltreer.
 
’n Boegoe-besproeiingskema in die Breëriviervallei: Dit is ‘n skema van 60 ha in die bergagtige vallei met uitdagende topografie. Hoewel die ontwerp ‘n groot uitdaging was, kon Bergrivier Besproeiing se ingenieurs dit baasraak en suksesvol deurvoer.
 
’n Perde- en buffelkamp met “pop-up”-besproeiingstelsels: Vir dié kampe, wat saam meer as 80 ha beslaan, word rekenaars ingespan vir akkurate besproeiingskedulering.
 
Nuwe besproeiingstelsel vir 45 ha bessies by Swellendam: Hier word hoogs gespesialeerde stelsels gebruik en is drie drupperlyne per ry gebruik vir pulsbesproeiing.
 
Stelsel vir die nektarienontwikkeling van die Dutoit-Groep in Riebeek-Kasteel: Hier word hoogs gespesialiseerde besproeiingsmetodes gebruik. Elke dag word drupbesproeiing by die bome toegepas en kunsmis terselfderyd deur die druppers toegedien. Vanweë die hoogs gespesialiseerde kunsmisprogramme word bome in staat gestel om reeds in hul tweede jaar te produseer. Hierdie stelsel word met 'n rekenaar beheer wat aan elke boom gelyktydig drie verskillende tipes kunsmis teen verskillende tempo's kan toedien.
 
Die hoodia-ontwikkeling van 80 ha by Griekwastad: Hierdie is 'n hoogs betaalde tipe gewas wat uiters akkurate besproeiingsmetodes verg. Hier is egter net 220 volt beskikbaar en Bergrivier het omsetters laat bou wat 220 volt na 380 volt omskakel om 380 volt se pompe te kan trek. Die grootte van die motors is 11 kW.
 

Wanneer iemand beplande besluite moet neem oor daardie belangerike bron van water in sy besigheid,
is Bergrivier Besproeiing van die Paarl die maatskappy om te nader!