Produkte

Afr

Eng

Die voorraad wat op die perseel gehou word, behels die hele spektrum van besproeiing. Die span sien ook toe dat daar altyd genoeg voorraad beskikbaar is vir die uiters belangrike nasorgdiens, wat 24/7 vir die kliënte beskikbaar is.

Boonop beskik Bergrivier Besproeiing oor ’n aflweringsdiens en word materiaal tot op die plaas gelewer.

PVC Pype

Bergrivier Besproeiing maak slegs gebruik van uPvC pype en die standaarde is SANS 966-1 en ISO 9001.

Alle PvC pype wat Bergrivier Besproeiing voorsien sal die SANS 966-1 merk dra. Dit verseker die klient van uitstekende kwaliteit en duursaamheid wat vir u baie jare diens sal gee.

UPvC- Part 1: Unplasticised Poly Vinyl Chloride (PVC-U) Pressure Pipe Systems SANS 966 Part 1 (PVC-U)

Polypype

Bergrivier Besproeiing verskaf SLEGS Polypyp-V30 wat aan ons hoë standaarde voldoen. Ons maak gebruik van uitgesoekte verskaffers wat ook daarna streef om ons visie van kwaliteit na te streef. Bergrivier Besproeiing het die besluit geneem na deeglike ondersoeke om slegs Polypyp te gebruik wat 30% Virgin materiaal in het. Die nodige sertifikate (COC) is verkry en ons is gelukkig met die kwaliteit. Al ons Polypyp dra die merk V30 wat beteken daar is 30% Virgin materiaal in.

Alle polypyp (99%) in die mark is NIE-SABS en dit veroorsaak verwarring by die kliente. Die kwaliteit en pryse verskil hemelsbreed, ons kan ook die goedkoper produkte verskaf, maar dit is op eie risiko.

Gegalvaniseerde Pype

Bergrivier Besproeiing maak gebruik van SABS staal pype, wat ons laat galvaniseer by goedgekeurde firmas. Die kwaliteit en lewensduur van ons produkte word bepaal deur die firmas wat die galvaniseering doen. Ons kwaliteit inspeksies word deurlopend gedoen.

HDPE Pype

HDPE (High Density Polyethylene) pype is harde pype met ‘n hoë weerstand teen chemikalieë en korrosie wat vervalbestande eienskappe het. HDPE ondersteun besproeiing, ondergrondse dreineringsstelsels en boorpype. 

Bergrivier Besproeiing gebruik slegs HDPE pype wat die SABS-merk van betroubare kwaliteit dra vir SANS ISO 4427. Ons kwaliteitsinspeksies word deurlopend uitgevoer.

 

Dreinerings Pype

Om voldoende dreinering te hê, is van kardinale belang in boorde en besproeiingsgronde. Ons lewer nie-SABS geboorde en ongeboorde pype, in verskillende groottes van 75 mm tot 315 mm.

 

 

 

Drupper Lyne

Bergrivier Besproeiing se uitgangspunt is kwaliteit en duursaamheid, dus maak ons gebruik van verskaffers wat dit bied. Netafim met RAM drip is een van ons grootste verskaffers. Bergrivier gebruik al die RAM dripers vir meer as 32 jaar en met uitstekende resultate. Die ander veskaffers (Agriplas, Naan ens.) het ook goeie produkte, ons ondersteun hulle ook.

Sprinkelaars en Sproeiers

Ons verskaf ‘n groot verskeidenheid vir sprinkelaars en sproeiers vir landbou- en tuinbesproeiing asook alle nodige bykomstighede vir die stelsels.

Insluitend mikro, drup, sprinkel en gerekenariseerde besproeiing met AC, DC en radio beheer.

Kleppe en Krane

Ons verskaf al die verskillende krane:

  1. Hidroulise krane: Hierdie krane kan drukbeheer doen (Bermad en Gator).
  2. Sluis kleppe: Hierdie krane is van gietyster en verskillende tipes is beskikbaar.
  3. Vlinder kleppe: Hier gebruik ons slegs krane met die vlekvrye staal parte.
  4. PvC kleppe: Ons het alle tipes en kwaliteit in voorraad.

Filters

Bergrivier Besproeiing gebruik verskillende tipe filters vir verskillende behoeftes:

  • Sandfilters (nuwe tegnologie glas sand)
    – ideaal met drip besproeiing
  • Disc filters (Arkal Spin Klin en Amiad)
    – ideaal vir mikro besproeiing
  • Maas filters (Amiad of Filtomat) skoner tipe water
    – ideaal vir mikro besproeiing asook Pop-Up spuite

Pompe

Bergrivier Besproeiing verskaf ‘n wye verskeidenheid van dievolgende pompe:

  • Sentrifugale pompe
  • Boorgat pompe
  • Swembadpompe
  • Drukpompe
  • Diesel aangedrewe pompe
  • Mono pompe

 

Skakelaars en Motors

Bergrivier Besproeiing verskaf Star/delta en VSD (Variable Speed Drive) elektriese aansitters.

Ons hou ‘n verskeidenheid motors van bekende en betroubare handelsmerke aan. Insluitend elektriese motors, boorgat motors en diesel aangedrewe motors.

Toebehore

Bergrivier Besproeiing hou ‘n groot verskeidenheid toebehore aan vir elke moontlike geval in die besproeiingsveld. Dit gebeur nie sommer dat ons nie voorraad het van die betrokke part wat u soek nie. Besoek ons gerus en kom kyk self.

Water Tenke

Bergrivier Besproeiing het ‘n verskeidenheid veeldoelige tenke in verskillende groottes vir elke behoefde:

Insluitend:

  • Vertikale wateropgaartenke
  • Lae-profiel berging tenke
  • Ondergrondse opgaartenke
  • Vertikale chemiese opgaartenke
  • Horisontale opgaartenke