Dienste
Afr
Eng
Besproeiingskonsultasies
Bergrivier Besproeiing beskik oor gekwalifiseerde tegniese ingenieurs wat opgelei is om alle besproeiingsontwerpe te kan doen.
Ons diens bestaankortliks uit dievolgende:
- Ons besoek die kliënt en stel vas wat is die behoefte en omvang van die projek.
- Ons kyk na al die feite, inligting en ontleding van die plaas in sy geheel. ‘n Ordentlike annalise word gedoen waar die toekomstige behoeftes en uitbreidings na gekyk word. Ons kyk na ‘n langtermyn plan en kombineer dit met die huidige omstandighede.
- Ons meet die plaas op met gesifistokeerde GPS masjiene wat tot 1 cm akkuraat is.
- ’n Gedetailleerde plan met 0,5m tot 1,0m kontoere, blok uitlegte, hooflyne en blok inligting word geteken.
- Ons konsulteer met die klient en indien nodig, maak ons gebruik van spesialiste wat tot ons beskiking is om raad te gee oor aspekte soos plantrigtings, plantspasieërings, grondtipes, nette ens.
- Ons ontwerp die stelsels deur gebruik te maak van gevorderde rekenaar tegnologie en deur jare se ondervinding binne Bergrivier Besproeiing se tegniese span.
- Ons het die kundigheid om u van die beste ontwerpe te voorsien.
GPS Opmetings van Plase
Bergrivier Besproeiing maak gebruik van die nuutste GPS tegnologie. Ons gebruik die gevorde GPS stelsel van OPTRON. Hierdie stelsel is gekoppel aan sateliete wat die inligting lewendig verwerk en dadelik op die reknaars aflaai. Die akkuraatheid van die stelsel is 1cm en inligting is dadelik beskikbaar.
Hommeltuig Opmetings
Ons gebruik die nuutste DJI homeltuig tegnologie en programmering om data vinnig en akkuraat te versamel. Ons gebruik hierdie meestal vir landopnames, fotogrammetrie, 3D -kartering en topografiese opmetings. Hommeltuie stel ons spesialiste in staat om landskappe en terrein wat moeilik bereikbaar is, te karteer. Die hoë resolusie ortofoto’s stel ons in staat om hoogs akkurate oppervlaktemetings sowel as helling- en kontoerevaluering uit te voer. Dit stel ons in staat om die beste besproeiingstelsel vir die area te ontwerp.
Ontwerp van Besproeiingstelsels
Bergrivier Besproeiing beskik oor baie jare se praktiese ondervinding met betrekking tot die ontwerp van besproeiingstelsels en die optimalisering van die projekte. Ons maak gebruik van verskeie hoogs-tegnologiese programme om die beste besproeiingsstelsel te ontwerp. Unieke programme is ontwikkel vir die beste ontwerpe. Ons maak gebruik van die program Model Maker om die opmetings en ontwerpe te kan optimaliseer. Pomp programme word gebruik om die beste pompe vir projekte te kies.
Tegnologie kan nie ondervinding vervang nie, maar dit bied waardevolle ondersteuning vir ons projekte.
Teken van Planne
Bergrivier Besproeiing se ingenieurs en tegnici is opgelei om planne te teken van die hoogtse kwaliteit. Alle inligting met betrekking tot die besproeiingstelsel, blokke se oppervlaktes, kulivars ens. word aandui. Die planne word geteken op die Model Maker program wat baie geskik is vir besproeiingsontwerpe en algemene plaasplanne. Ons teken ook plaasplanne wat gebruik kan word vir plaasbestuur en om op te sit in kantore. Ons A0 printer en lamineerder stel ons in staat om plaasplanne netjies aan kliënte voor te lê.
Hierdie planne is uiters belangrik vir daaglikse beplanning. Alle inligting word digitaal gestoor. Ons planne dateer terug so ver as 1989 en dit word gereeld nog geraadplaag.
Analiseer en Optimiseer
Bergrivier Besproeiing beskik oor die nodige kundigheid en rekenaar programme om u besproeiing op die plaas te ontleed en te bepaal of u stelsel teen die beste effektiwiteit funksioneer. Ons het baie jare se praktiese ondervinding op plase en kan bepaal waar die bottelnekke is. Ons kan die teorie en praktyk bymakaar bring om te kyk wat die beste opsie vir die spesifieke plaas is.
Skedulering van Besproeiing
Bergrivier Besproeiing beskik oor die nodige rekenaar programme om die skedulering van u beproeiing te kan doen. Ons werk saam met kundige mense in die bedryf wat die grondtipes ken, soos die voghou vermoë ens. Kundige plantkundiges word betrek om die betrokke gewasse se waterbehoeftes te ken in elke staduim van groei. Ons werk met die weerdata en verdampingssyfers om die stelsel te ontwerp vir die “worst case scenario”. Ons gebruik hierdie inligting om die optimum besproeiings skedulering te doen.
Ons beskik oor die tegnologie om vog in die grond te meet op verskeie maniere. Daar is verskillende tipes vir elke behoefte.
Grondbore werk nog die beste en ons hou voorraad. Tensionmeters word op 300mm, 600mm en 900mm geiinstalleer. Die mees effektiefste is egter die “Continuous Soil Moisture Probes”, hierdie vogmeters werk met ‘n simkaart en neem lesings elke 1 uur, dit word deurgegee na ‘n website waar die inligting beskikaar is. Dit is waar grafieke en inligting gestoor word, met hierdie tegnologie kan u baie akkuraat u besproeiings-skedulering bestuur.
Kunsmis Toediening
Bergrivier Besproeiing beskik oor die nodige kundigheid om vloeibare kunsmis stelsels te ontwerp vir elke behoefte op die plaas of kwekery. Daar word in detail gekyk na vloeibare bemestings behoeftes deur die nodige mengsels by besproeiingswater te voeg. Ons beskik oor die nodige toerusting en rekenaar programme om die kunsmis akkuraat te kan toedien. Dit word toegedien vloei op vloei of as bondels op ‘n slag.
Besproeiings Rekenaars
Bergrivier Besproeiing werk saam met die meeste vervaardigers van Besproeiingsrekenaars soos. Motorola, Irrigator, DFM, Hunter en nog verskeie ander. Ons maak gebruik van al die bogenoemde produkte – elke vervaardiger het sy plek in die veld. Diens is egter van uiterste belang nadat u die stelsel aangekoop het. Ons kyk na die ontwerpe en plasing van die radios om seker te maak alles reg werk. Jy moet die besproeiingsontwerp ken om die regte rekenaar stelsel te kan aanbeveel.
Tuin Besproeiing
Ons beskik oor die nodige kundigheid en materiaal om u te kan voorsien van die beste besproeiingstrelsel vir u tuin. Ons doen vir u ontwerpe en u kan die materiaal by Bergrivier Besproeiing se toonbank kom aankoop. Ons maak gebruik van privaat kontrakteurs om die installasie by u tuin te kom doen. Ons het verskeie tipe besproeiingstelsels wat ons vir u kan aanbeveel.
Sportvelde en Parke Ontwerpe
Bergrivier Besproeiing beskik oor die nodige kundigheid om die ontwerpe te doen vir sportvelde en parke. Ons meet die betrokke gebied op en doen die beste ontwerp vir die situasie. Ons gebruik die beste tipes materiaal om te verseker dat die kliënte die optimale uit die stelsel kan kry. Hunter produkte uit die VSA word meestal gebruik. Ons is ook atief betrokke by die golfbane en bied ‘n diens aan wat die pompe en infrastruktuur in plek hou. Diefstal is egter ‘n uitdaging en die ontwerpe en materiaal word dus so ontwerp om verliese te beperk.
Damontwerpe
Bergrivier Besproeiing beskik oor kundge ingenieurs om die beplanning en ontwerp van damme te doen. Ons meet die terrein op en bepaal die volumes. Ons doen ‘n lewensvatbaarheid studie. Indien die projek lewensvatbaar is, werk ons tesame met verskeie rolspelers (proffesionele dam ingenieurs, omgewings-impakstudie konsultante ens.) om die projek aan die gang te kry. Die Departement van Waterwese is egter ‘n groot uitdaging.
Dreinering
Bergrivier Besproeiing beskik oor jare se ondervinding oor dreinering. Dreinering is van uiterste belang in enige suksevolle boord of wingerd en word dikwels nie reg gedoen nie, en ons beskik oor die kennis om dit reg te doen. Dreinering moet reg ontwerp word en reg geiinstalleer word, as u hier kort paaie vat, gaan dit u duur te staan kom. Dreineering kan nie na die tyd geiinstalleer word nie en moet geiinsalleer word voordat die boord geplant is. Die meeste boorde wat begin uitsak en swak opbrengste lewer is as gevolg van swak ontwerpe en installasie van die dreineering.