De Hoek

Afr

Eng

Projek agtergrond:

Besproeiingsmateriaal vir 80 Ha Tafeldruiwe.

Bergrivier Besproeiing het die besproeiingsstelsel ontwerp, verskaf en installeer. Daar was geen pompe, filters of pyplyne op die plaas nie.

Ons was aangestel om ‘n volledige stelsel te ontwerp en implimenteer. Die stelsel sluit in ondergrondse dreinering, pompstasie/filterstasie, kunsmisdosering, drupbesproeiing en outomatisering. Bergrivier Besproeiing se werkswinkel het die pompe en filters installeer.

Ons het ook die kontrakteur aangestel wat die hooflyne, drup, ens. installeer het. ‘n Kanaal, wat die Voëlvlei Dam voed, loop deur die plaas. Vir die hooflyne het ons werkswinkel brûe gebou, van 18m lank, om die pype oor hierdie kanaal te kon lê.

Plaas naam: De Hoek
Ligging: Halfmanshof, Saron
Gewas: Tafeldruiwe
Besproeiing: Drup (twee lyne Uniram 2.3 L/H x 0.3m spasiëring)
Filtrasie: 130 micron Arkal Spinklin filters (3 x 10-bank).
Ontrekkingspunt: Pomp vanuit plaas se opgaardam.
Bron: Dam word vol gepomp in winter maande vanuit die Leeurivier.