Dwarsrivier-roosmarynprojek

Afr

Eng

Bergrivier Besproeiing is tans betrokke by die Dwarsrivier-roosmarynprojek wat in die Lanquedoc-Pniel-area geleë is.

Die projek is geïnisieer om die grond wat aan die gemeenskappe behoort te ontwikkel op ‘n wyse wat indiensneming en opheffing van die plaaslike mense prioritiseer. Die projek verskaf tans werk aan 9 mense (gesinne) van Lanquedoc.

Die werkers boer reeds met 3,5 hektaar roosmaryn wat in 2019 geplant is. Dit is gedoen met tegniese en finansiële bystand deur verskeie partye gemoeid met die welstand van die mense van Dwarsrivier-vallei. Om die projek oor die lang termyn volhoubaar te maak, is bykomende aanplantings egter nodig.

Tot dusver is die roosmaryn net in die varsmark verkoop. Deur droogfasiliteite by LNR Bien Donné te verseker, het die verskaffing van produkte aan die speserybedryf moontlik geword. Met ‘n versekerde markaandeel en vennootskap van Crown, is die vestiging van die bykomende 3 hektaar origanum in 2022 nou haalbaar.

Die doel is om die bestuur van ‘n volhoubare projek oor te gee aan ‘n opgeleide arbeidsmag en bestuurspan wat uit die mense van die gemeenskap bestaan.

Bergrivier Besproeiing het besluit om betrokke te raak by hierdie gemeenskapsprojek en ons betroubare verskaffers, wat as leiers in die industrie beskou word, gevra om hande te vat om hierdie projek te ondersteun.

Die totale waarde van die uitbreiding van hierdie projek is R255 000, wat die beplanning, konsultasie, materiaal en installering insluit.

Baie dankie elkeen van ons verskaffers vir die skenking van materiaal om hierdie projek na nuwe hoogtes te neem!

Effast
Flo-Tek
Holman Trading
Irrigation Unlimited
Irri-Gator

Klinger
Macsteel Fluid Control
NaanDanJain Irrigation
OKE Plastics – Water Solutions
MacNeil

Summerlane
Rabie Ingenieurswese
Sizabantu Piping Systems
Yebomanzi