Keurbosch

Afr

Eng

Projek agtergrond:

Besproeiingsmateriaal vir 6 Ha wingerd onderstok en 8 Ha wingerd kwekery.

Die stelsel is totaal geautomiseer met kunsmis stelsels op drie verskillende posisies op die plaas.

Die kunsmis stelsels is ten volle rekenaar beheerd en word proportioneel op vloei toegedien. Elke kunsmis stelsel bestaan uit A,B en C tenke met meng tenke wat die kunmis oplos voor dit deur die kunmis pompe wat deur VSD beheer word presies toegedien volgens die behoefte wat verlang word.

Nuwe hooflyne en filterstasies is opgerig.

Bergrivier Besproeiing het die pompstasies, kunsmisstasies en filterstasies ontwerp, verskaf en installeer.

Totale automisering is deur Bergrivier Besproeiing ontwerp en geinstalleer.

Ons het ook die hooflyne en dripstelsel ontwerp en verskaf, maar die klient het self installeer.

Plaas naam: Keurbosch
Klient: Keurbosch Trust
Ligging: Kapteinskloof, Piketberg
Gewas: Wingerd Onderstok en Wingerd Kwekery
Besproeiing: Onderstok 1.6L/H x 0.30m Drup
Wingerd Kwekery 1.1L/H x 0.40m Drup
Filtrasie: 80 micron Filtomat Screen Filter(x2)
Ontrekkingspunt: Pomp vanuit plaas se opgaardam.
Bron: Dam word vol gemaak in winter maande deur opvang water en boorgate.