Nuwe besproeiing vir proefblokke – Hoër Landbouskool Boland
Afr
Eng
Die Gen-Z-wingerdprojek van Vinpro behels die vestiging van kleinskaalse demopersele regoor die wyndruifverbouingsareas in Suid-Afrika.
Die doel is om wingerdboukundiges, wynprodusente, verskaffers en navorsers met die nuutste praktyke, tegnologie en hulpmiddels te verbind.
Landbouskool Boland is die eerste skool waar hierdie demo-wingerd gevestig is en gee die leerders blootstelling aan wingerdkunde en landboupraktyke. Altesaam is 21 rooi- en 19 wit wyndruifkultivars geplant, wat spesifiek in die Agter-Paarl-streek se terroir sal aard.
“Die meerderheid van die 2 861 wyndruifstokkies bestaan uit tradisionele druifsoorte, tesame met ʼn aantal nuwer druifsoorte soos agiorgitiko, arinarnoa, lledoner pelut, assyrtiko en piquepoul blanc. Terselfdertyd word ses verskillende prieelstelsels, asook ʼn aantal verskillende snoeitegnieke op die proef gestel,” lui Vinpro se artikel.
Bergrivier Besproeiing het die ontwerp, materiaal en installasie van die besproeiingstelsel vir hierdie proefblokke, ter waarde van R150 000 geskenk. Die skema se hooflyn is strategies beplan vir huidige en toekomstige ontwikkeling van groentetuine en verdere landbou-uitbreiding. Ons bedank Netafim vir hul produkbydraes.
Ons doel is om landboubesproeiingskennis met volgende generasies te deel en ons is trots om deel van hierdie projek te wees.
Besproeiing inligting:
Hooflyn: 522m PVC 90 klas 6
Drupperpyp: Netafim Uniram 17, 2.3L/h x 0.6m
Filterbank: 50mm Netafim Arkal Dual, 2 bank, 200 mikron
Stelselvloei: 11.4 m³/h
Oppervlak ha: 0.74 ha
Ry no. 1 tot 40: 2.5 m-spasiëring
Ry no. 41 tot 63: 3.0 m-spasiëring