Nuwe besproeiingstelsel vir Rusoord

Afr

Eng

Bergrivier Besproeiing het die nodige materiale verskaf vir ‘n splinternuwe besproeiingstelsel vir die Rusoord-tehuis in Paarl.

Die bestaande tuinbesproeiingstelsel van Rusoord was verwaarloos en het dringende opknapping nodig gehad. JD Kirsten-boerdery het bystand gelewer met die installasie en sodoende is hierdie projek suksesvol afgehandel. Mag die tannies en ooms van Rusoord se tuine floreer!

Foto (van links): André Engelbrecht (Rusoord), Mitchel Dyk (JDK), Burger Valentin (JDK) en Willem Davis (Rusoord). Bron: Paarl Post.