Ramu Agri
Afr
Eng
Projek agtergrond:
Aanvullende besproeiing gedurende die droë seisoen
Rede vir die besproeiing van olie palms dien as aanvullende besproeiing gedurende die droë seisoen. Sodoende word ‘n konstante oes van olie palm sade vir 12 maande van die jaar veseker. Sonder besproeiing lewer die olie palms slegs ‘n oes gedurende die reen seisoen.
Alle materiaal en pvc pyp is verskeep uit Suid-Afrika. 12 Meter vrag houers is gelaai, totaal van 67. Die projek is opgedeel is 4 fases. Die besproeiings bestuurder van Ramu Agri het self alle installasie bestuur en laat doen. Dit het gebeur in ‘n tydperk van 10 maande.
Klient: | Ramu Agri Industries Ltd |
Ligging: | Gusap Downs, Morobe province, Papua New Guinea |
Gewas: | Olie palms, olie uit die sade word gebruik in die vervaardiging van skoonheids produkte. |
Grootte van projek: | 527 Ha |
Besproeiing: | Sprinkel spuite, Rainbird LF 2400, 420L/h @ 2.0 bar Spuit spasiering: 10.0m Lateraal spasiering: 16.28m Palm boom plant spasiering: 8.14m x 9.4m Neerslag van sprinkle spuite: 2.6mm per uur |
Filtrasie: | Amiad ABF 6000, 500m3/h per filter X 3 |
Stelsel vloei: | 1100 m3/h, 25mm/week per ha vir 5 dae ‘n week. |