Remhoogte

Afr

Eng

Projek agtergrond:

Die lae-vloei drup konsep is die hoof riglyn vir hierdie stelsel dus word die hele oppervlak van 180 Ha op een slag besproei.

Dit het bepaalde voordele veral omdat radio beheer stelsels nie nodig is vir die beheer van besproeiingsblokkrane nie. Die grond tipes op hierdie eenheid is ook relatief homogeen, dus is die besproeiings vereistes ook redelik dieselfde.

Die eenheid is opgedeel in 4 min/meer ewe groot blokke wat deur ‘n 7 meter pad gedeel word. Frylinck Installasies in Wellington het die installasie van alle onder grondse pvc pypwerk gedoen. Alle filter stasies is ook deur hulle opgerig.

Die eienaar van DeMeul Boerdery het self die installasie van die pompe by die rivier gedoen en alle drupper pyp is deur DeMeul Boerdery afgerol.

Alle materiaal vir hierdie projek is verskaf en afgelewer deur Bergrivier Besproeiing.
Hierdie stelsel word tans baie effektief gebruik en bestuur. Tussen die pekan boom rye van 10m word 6 x 0.9m spasiering mielie rye geplant.

Hierdie 6 mielie rye word besproei deur 3 drup lyne. Slegs 1 can die drup lyne word gebruik vir die pekan bome aangesien die water behoefte van die jong pekan bome nog relatief laag is.

Die rede vir die verbouing van die eksta gewas tussen die pekan boom rye word gedoen vir die verbetering van die grond en vir die beskerming van die jong pekan bome teen wind skade. Die mielie reste word na stroop tyd in die grond ingewerk sodat die organiese materiaal in die grond verhoog kan word.

Hierdie organiese materiaal is ook baie bevorderlik vir teenwoordigheid van voordelige mikro organismes. Na die mielie oes word daar weer koring geplant tussen die pekan boom rye. Die koring word aanvanklik deur skape bewei gedurende en na lamtyd. Hierdie beweidings praktyk help aansienlik met die voervloei program van die vee vertakking, aangesien dit tydens die dorre, droë winter maande van die Karoo gedoen word.

Hierdie projek is werklik ‘n voorbeeld van volhoubare boerdery bestuurs praktyke.

Plaas naam: Remhoogte
Ligging: Remhoogte, Prieska, Noord-kaap
Gewas: Pekan neute
Grootte van projek: 180 ha
Besproeiing: Drup besproeiing: Uniram, 1.6L/h x 1.0m, 4 x drup lyne per boom ry. Lateraal spasiering: 10m Pekan boom plant spasiering: 10m x 7m Neerslag van drup stelsel: 0.64mm per uur
Filtrasie: Arkal Spinklin 80mm, 130 mikron ringe. 14.4m3/h per filter
Stelsel vloei: 1152 m3/h, 70mm/week per ha, 110 ure per week. KSB Omega 150-360A + 45kW motor X 4 stelle (rivier pomp + booster pomp) Pomp lewering, 350m3/h @ 3.0 bar
Bron: Oranjerivier